Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 26:8-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hulle almal was uit die seuns van `Oved-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens van die Afgesonderde Plek; twee en sestig seuns van `Oved-Edom.

9. Meshelemyahu se oudste seun het seuns gehad, magtige manne, agttien.

10. Hosah, uit die seuns van M’rari, het seuns gehad, magtige manne: die oudste het gesterf en sy vader het die tweede in sy plek aangestel, maar nie vir hom die naam van die eerste gegee nie.

11. Hilkiyahu was die tweede, T’valyahu die derde en Z’kharyahu die vierde; al die seuns en broers van Hosah was dertien.

12. Tussen hulle was die afdelings van die poortwagters, selfs die hoofde van die vaders, wat wag gestaan het oorkant mekaar, om te dien in die huis van יהוה.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 26