Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 26:16-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. op Shuppim en Hosah vir die weste, sover as tot by die poort wat gemaak is in die pad wat op loop; wag oorkant wag.

17. ooswaarts was ses Leviete; noordwaarts daagliks vier; suidwaarts daagliks vier en vir die stoepe twee op ’n slag.

18. By die oop ruimte na die weste was vier by die grootpad en twee by die oopte.

19. Hierdie is die afdelings van die poortwagters van die seuns van Korag en van die seuns van M’rari.

20. Van die Leviete was Agiyah oor die stoorkamers van die huis van יהוה en oor die stoorkamers van die afgesonderde voorwerpe.

21. Die seuns van La’dan, van die nageslag van Gershon, die hoofde van die vaders van La’dan, die Gershoniet: Yegi’eli.

22. Die seuns van Yegi’eli: Zetam en Yo’el, sy broer, wat oor die stoorkamers van die huis van יהוה was.

23. Van die `Amramiete, die Yitz’hariete, die Hevroniete en die `Uzi’eliete,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 26