Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:17-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Die seun van Eli’ezer was Regavyah, die eersgeborene en Eli’ezer het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Regavyah was Rivvi, die eersgeborene.

18. Die seun van Yitz’har: Shlomit, die eersgeborene.

19. Die seuns van Hevron: Yeriyahu, die eersgeborene, Amaryah, die tweede, Yagzi’el, die derde en Y’kam’am, die vierde.

20. Die seuns van `Uzi’el: Mikhah, die eersgeborene en Yishiyah, die tweede.

21. Die seuns van M’rari: Magli en Mushi. Die seuns van Magli: El’azar en Kish.

22. El’azar het gesterf en geen seuns gehad nie, net dogters en die seuns van hulle oom, Kish, het hulle as vroue gevat.

23. Die seuns van Mushi was Magli, `Eder en Yeremot, drie.

24. Dit was die seuns van Levi, volgens die huise van hulle vaders, die hoofde van die huise, soos hulle getel is volgens die getal name, man vir man, wat die toesighouers was oor die dienswerk in die huis van יהוה, vanaf twintig jaar oud en ouer,

25. want Dawid het gesê: “יהוה, die God van Yisra’el, het aan Sy volk rus gegee en Hy bly in Yerushalayim vir ewig.”

26. Hy het ook vir die Leviete gesê dat hulle nie meer die Tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens hoef te dra nie.

27. Volgens die laaste woorde van Dawid moes die Leviete getel word, van twintig jaar oud en ouer,

28. want hy het hulle aangestel in die taak om die seuns van Aharon te help en toesighouers te wees in die huis van יהוה, oor hulle wat met reguit en gedraaide horings blaas en oor die kamers waarin die afgesonderde voorwerpe van יהוה gestoor word

29. en oor die brode van die Teenwoordigheid en die fyn meel vir die graanoffer en oor die ongesuurde koeke en oor almal wat sing en dank offer,

30. dat hulle elke oggend vroeg opstaan om יהוה te dank en te prys en net so saans;

31. om ook die brandoffers tot יהוה op Shabbat te bring, op die nuwemane en op die vasgestelde feeste, in getal volgens die getalle daarvoor beveel, voortdurend voor יהוה.

32. Hulle het ook bevel gehad oor die voorwerpe van die Tent van Ontmoeting en bevel oor die voorwerpe van die Afgesonderde Plek en onder bevel van die seuns van Aharon, hulle broers, wanneer hulle nodig was om te bedien in die huis van יהוה.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23