Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Dawid oud en vol van dae was, het hy sy seun Shlomo koning oor Yisra’el gemaak.

2. Hy het al die oudstes van die priesters en die Leviete bymekaar laat kom.

3. Die Leviete is getel, vanaf dertig jaar oud en ouer en hulle getal was, man vir man, agt en dertig duisend.

4. Uit hulle het Dawid toesighouers aangestel oor die werk aan die huis van יהוה, vier en twintig oor elke duisend werkers en regters en skrywers, ses oor elke honderd werkers:

5. om toesig te hou oor die werk, dat dit gedoen word, om toesig te hou oor die voorrade en werk en om rekenskap te gee van die rykdom en die aalmoese wat hulle aan die armes gegee het.

6. Dawid het administrateurs en bestuurders oor die armes en behoeftiges aangestel om aan die armes te voorsien en uit te deel, een persoon oor elke tien en hulle het niks tekort gekom nie. Dawid het hulle aangestel volgens hulle afdelings, volgens die seuns van Levi: Gershon, K’hat en M’rari.

7. Van die Gershoniete: La’dan en Shim’i.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23