Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 21:24-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Koning Dawid het vir Aravnah gesê: “Nooit nie, maar ek sal dit verseker koop vir die volle prys, want ek wil nie wat aan jou behoort, vir יהוה as offer aanbied sonder koste, nie.”

25. Dawid het die plek van Aravnah vir vyftig sikkels goud gekoop.

26. Dawid het daar vir יהוה ’n altaar gebou en brandoffers en vredesoffers van lammers gebring en gebid tot יהוה en Hy het hom met vuur uit die hemel geantwoord en die brandoffer, wat op die altaar was, verteer.

27. יהוה het die engel beveel en hy het sy swaard in die skede terug gesteek.

28. In dié tyd, toe Dawid sien dat יהוה hom geantwoord het op die dorsvloer van Aravnah, die Y’vusiet, het hy baie offers daar geoffer,

29. want hy het die Tabernakel van יהוה, wat Moshe in die woestyn gemaak het, daar opgeslaan.

30. In daardie tyd was Dawid baie bang en kon hy nie in die Teenwoordigheid van יהוה bid nie, want hy was bang weens die swaard van die engel van יהוה.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 21