Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:20-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Hur was die vader van Uri en Uri van B’tzal’el.

21. Daarna het Hetzron ingegaan by die dogter van Makhir, die vader van Gil’ad, waarmee hy getrou het toe hy sestig jaar oud was en sy het vir hom geboorte gegee aan S’guv.

22. S’guv was die vader van Ya’ir, wat drie en twintig stede in die land van Gil’ad gehad het.

23. Na dit het Hetzron gesterf in Kalev se land, Efratah, toe sy vrou vir hom geboorte gegee het aan Ashgur, die vader van Tekoa.

24. Die seuns van Yeragme’el, eersgeborene van Hetzron: Aram, die eersgeborene, Bunah, Oren en Otzem, hulle suster.

25. Yeragme’el het nog ’n vrou gehad met die naam van `Atarah; sy was die moeder van Onam

26. Die seuns van Aram, die eersgeborene van Yeragme’el, was Ma’atz, Yamin en `Eker.

27. Die seuns van Onam: Shammai en Yada. Die seuns van Shammai: Nadav en Avishur.

28. Die naam van die vrou van Avishur was Avigayil en sy het vir hom geboorte gegee aan Agban en Molid.

29. Die seuns van Nadav: Seled en Appayim, maar Seled is dood sonder kinders.

30. Die seun van Appayim was Yish’i; die seuns van Yish’i was Sheshan en Sheshan het gesterf sonder seuns.

31. Die seuns van Yada, die broer van Shámmai: Yeter en Yonatan en Yeter is dood sonder kinders.

32. Die seuns van Yonatan: Pelet en Zaza. Dit was die seuns van Yeragme’el.

33. Sheshan het nie seuns gehad nie, net dogters en Sheshan het ’n Mitzrayitiese dienskneg gehad met die naam van Yarga.

34. Sheshan het sy dogter vir hom as vrou gegee en sy het vir hom geboorte gegee aan `Attai.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2