Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:14-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. van N’tan’el, die vierde, van Raddai, die vyfde,1 Sh’m 16:10; 1 Sh’m 17:12

15. van Otzem, die sesde en van Dawid, die agste.

16. Hulle susters was Tz’ruyah en Avigayil. Die seuns van Tz’ruyah: Avishai, Yo’av en `Asah’el, drie.

17. Avigayil het geboorte gegee aan `Amasa en die vader van `Amasa was Yeter.

18. Kalev, die seun van Hetzron, het Yeriot by sy vrou `Azuva verwek en hierdie is haar seuns: Yesher, Shovav en Ardon.

19. Toe `Azuva gesterf het, het Kalev vir hom Efrat gevat, wat geboorte gegee het vir hom aan Hur.

20. Hur was die vader van Uri en Uri van B’tzal’el.

21. Daarna het Hetzron ingegaan by die dogter van Makhir, die vader van Gil’ad, waarmee hy getrou het toe hy sestig jaar oud was en sy het vir hom geboorte gegee aan S’guv.

22. S’guv was die vader van Ya’ir, wat drie en twintig stede in die land van Gil’ad gehad het.

23. Na dit het Hetzron gesterf in Kalev se land, Efratah, toe sy vrou vir hom geboorte gegee het aan Ashgur, die vader van Tekoa.

24. Die seuns van Yeragme’el, eersgeborene van Hetzron: Aram, die eersgeborene, Bunah, Oren en Otzem, hulle suster.

25. Yeragme’el het nog ’n vrou gehad met die naam van `Atarah; sy was die moeder van Onam

26. Die seuns van Aram, die eersgeborene van Yeragme’el, was Ma’atz, Yamin en `Eker.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2