Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die seuns van Yisra’el:

2. Dan, Yosef, Binyamin, Naftali, Gad en Asher.

3. Die seuns van Y’hudah: `Er, Onan en Shelah, hierdie drie is vir hom gebore by Bat-Shua, die Kena’aniet. `Er, die eersgeborene van Y’hudah, was boos in die oë van יהוה en Hy het hom doodgemaak.

4. Tamar, sy skoondogter, het vir hom geboorte gegee aan Peretz en Zerag. Y’hudah het altesaam vyf seuns gehad.

5. Die seuns van Peretz was Hetzron en Hamul.

6. Die seuns van Zerag: Zimri, Eitan, Heiman, Kalkol en Dara; almal saam vyf.Y’ho 7:17-20

7. Die seuns van Karmi: `Akhan, die moeilikheidmaker vir Yisra’el, wat in die afgesonderde dinge oortree het.

8. Die seun van Eitan was Azaryah.

9. Die seuns van Hetzron wat vir hom gebore is: Yeregme’el, Aram en K’luvai.Num 7:12; Num 2:3

10. Aram was die vader van `Amminadav en `Amminadav van Nagshon, prins van die seuns van Y’hudah.

11. Nagshon was die vader van Salmon en Salmon van Bo’az;

12. Bo’az van `Oved en `Oved van Yishai;

13. Yishai was die vader van Eli’av, sy eersgeborene en van Avinadav, die tweede en Shimmah, die derde;

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2