Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 14:9-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Die F’lishtyne het gekom en uitgekamp in die vallei van die reuse.

10. Dawid het God geraadpleeg en gesê: “Sal ek opgaan teen die F’lishtyne en sal U hulle in my hand gee?” יהוה het vir hom gesê: “Gaan op, want Ek sal hulle in jou hand gee.”

11. Hulle het opgegaan tot by Ba’al-P’ratzim en Dawid het hulle daar verslaan. Toe het Dawid gesê: “God het ingebreek op my vyande voor my soos die uitbreek van water; daarom het hulle die plek Ba’al-P’ratzim genoem.

12. Toe hulle hul afgode daar agtergelaat het, het Dawid bevel gegee aan sy magtige manne en gesê: “Verbrand hulle met vuur en verstrooi hulle as in die wind.”

13. Die F’lishtyne het weer opgekom en in die vallei van die reuse gekamp;

14. daarom het Dawid God weer geraadpleeg en God het vir hom gesê: “Jy moenie agter hulle aan opgaan nie, maar draai weg van hulle af en gaan val hulle van voor af aan.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 14