Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 13:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dawid het beraadslaag met al die bevelvoerders oor duisend en oor ’n honderd, die leiers en goewerneurs oor Yisra’el.

2. Dawid het aan die hele vergadering van Yisra’el gesê: “As julle dit goed vind, laat ons dit van יהוה, ons God, vra om dit wat stukkend is vir ons broers wat in al die dorpe van Yisra’el bly reg te maak en priesters en Leviete by hulle te laat bly in al die stede en hulle dorpies

3. sodat hulle hulself bymekaar kan maak en na ons toe kom en tot יהוה, ons God, bid en Hom smeek as gevolg van ons sondes, want ons het nie tot Hom gebid in die dae van Sha’ul nie.”

4. Die hele vergadering het gesê dat hulle dit sal doen.

5. Dawid het die hele Yisra’el bymekaar gebring, vanaf die rivier van Mitzrayim, tot by die ingang na Hamat, om die ark van God uit Kiryat-Ye’arim te bring.

6. Dawid, saam met die hele Yisra’el, het opgegaan na Kiryat-Ye’arim, wat aan Y’hudah behoort, om die ark van יהוה-God, Wat op die hoë gérubs woon, wat deur Sy Naam geken word, daarvandaan af op te bring.

7. Hulle het die ark van God op ’n nuwe wa gesit en dit uit die huis van Avinadav gedra en `Uza en sy broers het die wa gedryf.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 13