Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 8:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Toe het die priesters die ark van die verbond van יהוה na sy plek gebring, in die binnevertrek van die huis, na die Mees Afgesonderde, onder die vlerke van die gérubs,

7. want die gérubs het hulle vlerke uitgesprei oor die plek van die ark en die gérubs het ’n bedekking van bo af oor die ark en sy pale gemaak,

8. maar die pale was so lank dat die punte van die pale uit die Afgesonderde plek, voor die binnevertrek, gesien kon word, maar hulle kon nie buite gesien word nie; hulle is daar tot vandag toe.

9. Daar was niks in die ark nie, behalwe die twee kliptafels wat Moshe by Horev daarin gesit het, waar יהוה ’n verbond met die seuns van Yisra’el gesluit het, toe hulle uit die land van Mitzrayim uitgekom het.

10. Dit het gebeur dat toe die priesters uit die Afgesonderde plek uitgaan, die wolk die huis van יהוה gevul het

11. sodat die priesters, as gevolg van die wolk, nie kon staan om te bedien nie, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het die huis van יהוה gevul.

12. Toe het Shlomo gesê: “יהוה het gesê dat Hy in die digte wolk sal bly.

13. Ek het verseker vir U ’n verhewe huis gebou, ’n plek vir U om ewig in te bly.”

14. Toe draai die koning sy gesig om en seën die hele vergadering van Yisra’el terwyl die hele vergadering van Yisra’el staan.

15. Hy het gesê: “Praat goed van יהוה, die God van Yisra’el, wat met Sy mond met my vader Dawid gepraat het en dit met Sy hand volbring en gesê het:

16. ‘Van die dag af dat Ek My volk Yisra’el van Mitzrayim af gebring het, het Ek nie ’n stad gekies uit al die stamme van Yisra’el om ’n huis in te bou sodat My Karakter en Outoriteit (Naam) daar sou wees nie, maar Ek het vir Dawid gekies om oor My volk Yisra’el te wees.’

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 8