Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 8:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Shlomo die oudstes van Yisra’el en al die stamhoofde, die familie-leiers van die seuns van Yisra’el, by koning Shlomo in Yerushalayim bymekaar laat kom om die ark van die verbond van יהוה vanuit die stad van Dawid, dit is Tziyon, op te bring.2 Kro 5:3

2. Al die manne van Yisra’el het hulleself op die fees by koning Shlomo vergader, in die maand van die oes, dit is die sewende maand.

3. Toe het al die oudstes van Yisra’el gekom en die priesters het die ark opgetel.

4. Hulle het die ark van יהוה en die tent van samekoms saam met al die afgesonderde gereedskap gebring wat in die tent was en die priesters en die Leviete het dit gebring.

5. Koning Shlomo en die hele vergadering van Yisra’el, wat by hom vergader was, was saam met hom voor die ark terwyl hulle soveel kleinvee en beeste geoffer het dat hulle nie getel of bereken kon word nie.

6. Toe het die priesters die ark van die verbond van יהוה na sy plek gebring, in die binnevertrek van die huis, na die Mees Afgesonderde, onder die vlerke van die gérubs,

7. want die gérubs het hulle vlerke uitgesprei oor die plek van die ark en die gérubs het ’n bedekking van bo af oor die ark en sy pale gemaak,

8. maar die pale was so lank dat die punte van die pale uit die Afgesonderde plek, voor die binnevertrek, gesien kon word, maar hulle kon nie buite gesien word nie; hulle is daar tot vandag toe.

9. Daar was niks in die ark nie, behalwe die twee kliptafels wat Moshe by Horev daarin gesit het, waar יהוה ’n verbond met die seuns van Yisra’el gesluit het, toe hulle uit die land van Mitzrayim uitgekom het.

10. Dit het gebeur dat toe die priesters uit die Afgesonderde plek uitgaan, die wolk die huis van יהוה gevul het

11. sodat die priesters, as gevolg van die wolk, nie kon staan om te bedien nie, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het die huis van יהוה gevul.

12. Toe het Shlomo gesê: “יהוה het gesê dat Hy in die digte wolk sal bly.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 8