Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 7:29-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. op die rante wat tussen die rame was, was leeus, beeste en gérubs; bo-op die rame was daar ’n staander en onder die leeus en beeste was afhangende kransies.

30. Elke staander het vier koper wiele met koper asse gehad en sy vier voete het versterkings gehad; onder teen die bak was die versterkings gegiet met kransies aan elke kant.

31. Sy opening binne die kroon aan die bokant was een el en die opening was rond, soos die ontwerp van ’n staander, anderhalf el en op sy opening was daar ook graveerwerk en die rante was vierkantig, nie rond nie.

32. Die vier wiele was onder die rante en die asse van die wiele was op die bak. Die hoogte van elke wiel was anderhalf el.

33. Die ontwerp van die wiele was soos die ontwerp van ’n strydwawiel. Hulle asse, vellings, speke en nawe was alles gietwerk.

34. Daar was vier versterkings op die vier hoeke van elke staander; die versterkings was deel van die staander self.

35. Bo-op die staander was daar ’n ronde vorm van ’n half-el hoog wat bo-op die staander gebly het en sy rant was deel daarvan.

36. Hy het op die plate van sy kante en op sy rant gérubs, leeus en palmbome graveer volgens die ruimte op elkeen, met kransies rondom.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 7