Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 7:27-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Toe het hy die tien staanders van koper gemaak; die lengte van elke staander was vier el, sy breedte vier el en sy hoogte drie el.

28. Hierdie was die ontwerp van die staanders: dit het rante gehad, gelyke rante tussen die rame;

29. op die rante wat tussen die rame was, was leeus, beeste en gérubs; bo-op die rame was daar ’n staander en onder die leeus en beeste was afhangende kransies.

30. Elke staander het vier koper wiele met koper asse gehad en sy vier voete het versterkings gehad; onder teen die bak was die versterkings gegiet met kransies aan elke kant.

31. Sy opening binne die kroon aan die bokant was een el en die opening was rond, soos die ontwerp van ’n staander, anderhalf el en op sy opening was daar ook graveerwerk en die rante was vierkantig, nie rond nie.

32. Die vier wiele was onder die rante en die asse van die wiele was op die bak. Die hoogte van elke wiel was anderhalf el.

33. Die ontwerp van die wiele was soos die ontwerp van ’n strydwawiel. Hulle asse, vellings, speke en nawe was alles gietwerk.

34. Daar was vier versterkings op die vier hoeke van elke staander; die versterkings was deel van die staander self.

35. Bo-op die staander was daar ’n ronde vorm van ’n half-el hoog wat bo-op die staander gebly het en sy rant was deel daarvan.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 7