Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 7:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Shlomo het dertien jaar aan sy eie huis gebou en die hele huis voltooi.

2. Hy het die Huis van die Woud van L’vanon gebou, honderd el in sy lengte, vyftig el in sy breedte en dertig el in sy hoogte, op vier rye sederpilare en sederbalke op die pilare.

3. Dit was met sederhout gedek van bo, op balke wat rus op die vyf en veertig pilare, vyftien in elke ry.

4. Daar was drie rye kunstige vensters en venster was oorkant venster in drie rye.

5. Al die deure en openinge het vierkantige uitgekerfde deurrame gehad en elke deur was oorkant ’n deur in drie rye.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 7