Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 5:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. My diensknegte sal dit van die L’vanon afbring na die see en ék sal hulle daar in vlotte maak op die see, tot by die plek wat u my sal wys en ek sal dit daar uitmekaar laat haal en ú sal dit laat wegdra. Dan sal ú my behoefte vervul deur kos aan my huishouding te gee.”

10. So het Hiram dan vir Shlomo sederhout en sipreshout gegee, soveel as wat hy wou hê.

11. Shlomo het toe vir Hiram 4 400ton koring as voedsel vir sy huis en 4 400liter uitgestampte olie gegee; so het Shlomo jaar vir jaar vir Hiram gegee.

12. יהוה het vir Shlomo wysheid gegee, net soos Hy hom belowe het en daar was vrede tussen Hiram en Shlomo en hulle twee het ’n verbond gesluit.

13. Koning Shlomo het dwangarbeiders uit die hele Yisra’el getrek en die dwangarbeiders was dertig duisend man.

14. En hy het hulle na L’vanon gestuur in aflossings van tien duisend per maand; een maand was hulle in L’vanon, twee maande tuis. Adoniram was oor die dwangarbeiders.2 Kro 2:17,18

15. Shlomo het sewentig duisend draers en tagtig duisend klipkappers in die berge gehad,

16. behalwe vir die drie duisend drie honderd hoofopsigters van Shlomo wat oor die projek was en bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen.

17. Toe het die koning beveel en hulle het groot klippe, kosbare klippe, uitgebreek om die fondament van die huis met gekapte klippe te lê.

18. Shlomo se bouers, Hiram se bouers en die G’valiete het dit gekap en die boomstamme en die klippe voorberei om die huis te bou.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 5