Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 5:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Nou, daarom, beveel dat hulle vir my seders uit die L’vanon kap en laat my diensknegte saam met u diensknegte wees en ek sal vir u die lone van u diensknegte gee volgens alles wat u sê, want u weet dat onder ons niemand is wat weet hoe om bome te kap soos die Tzidoniete nie.”

7. Toe Hiram die woorde van Shlomo hoor, was hy baie bly en het gesê: “Geseënd is יהוה vandag wat vir Dawid ’n wyse seun oor hierdie groot volk gegee het.”

8. Hiram laat weet vir Shlomo en sê: “Ek het die boodskap gehoor wat u vir my gestuur het; ék sal doen alles wat u begeer aangaande die sederhout en die sipreshout.

9. My diensknegte sal dit van die L’vanon afbring na die see en ék sal hulle daar in vlotte maak op die see, tot by die plek wat u my sal wys en ek sal dit daar uitmekaar laat haal en ú sal dit laat wegdra. Dan sal ú my behoefte vervul deur kos aan my huishouding te gee.”

10. So het Hiram dan vir Shlomo sederhout en sipreshout gegee, soveel as wat hy wou hê.

11. Shlomo het toe vir Hiram 4 400ton koring as voedsel vir sy huis en 4 400liter uitgestampte olie gegee; so het Shlomo jaar vir jaar vir Hiram gegee.

12. יהוה het vir Shlomo wysheid gegee, net soos Hy hom belowe het en daar was vrede tussen Hiram en Shlomo en hulle twee het ’n verbond gesluit.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 5