Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 12:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Regav’am na Sh’khem gegaan, want die hele Yisra’el het na Sh’khem gekom om hom koning te maak.

2. Toe Yarov’am, die seun van N’vat, dit hoor, het hy in Mitzrayim gebly, (want hy was nog in Mitzrayim, waarheen hy van die teenwoordigheid van koning Shlomo af gevlug het.)

3. Toe het hulle gestuur en hom laat roep en Yarov’am en die hele vergadering van Yisra’el het gekom en met Regav’am gepraat en gesê:

4. “U vader het ons juk hard gemaak; daarom, maak die harde diens van u vader ligter en sy swaar juk wat hy op ons gesit het en ons sal u dien.”

5. Toe sê hy vir hulle: “Gaan weg vir drie dae, kom dan terug na my toe.” Die mense het weggegaan.

6. Koning Regav’am het met die oudstes, wat sy vader Shlomo gedien het toe hy nog gelewe het, beraadslaag en hy vra: “Watter advies gee u my om hierdie mense te antwoord?”

7. Toe praat hulle met hom en sê: “As u vandag ’n dienskneg tot hierdie volk sal wees en hulle dien, hulle versoek toestaan en goeie woorde met hulle praat, sal hulle altyd u diensknegte wees.”

8. Hy het egter die advies van die oudstes wat hulle vir hom gegee het, verwerp en met die jongmanne wat saam met hom grootgeword het en hom gedien het, beraadslaag.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 12