Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 11:8-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. So het hy ook gedoen vir al sy buitelandse vroue wat wierook gebrand en geoffer het aan hulle gode.

9. יהוה was kwaad vir Shlomo omdat sy verstand, wil en emosie weggedraai was van יהוה, die God van Yisra’el, wat twee keer aan hom verskyn het

10. en hom aangaande hierdie saak beveel het om nie agter ander gode aan te gaan nie, maar hy het nie gedoen wat יהוה beveel het nie.

11. יהוה het vir Shlomo gesê: “Omdat jy dit gedoen het en nie My verbond en My instellings, wat Ek jou beveel het, gehou het nie, sal Ek sekerlik die koninkryk van jou af wegskeur en dit aan jou dienskneg gee.

12. Nogtans sal ek dit nie in jou dae doen nie ter wille van jou vader, Dawid, maar Ek sal dit uit die hand van jou seun skeur.

13. Tog sal Ek nie die hele koninkryk wegskeur nie, maar Ek sal een stam aan jou seun gee ter wille van My dienskneg, Dawid en ter wille van Yerushalayim wat Ek verkies het.”

14. Toe het יהוה vir Shlomo ’n teëstander opgewek: Hadad, die Edomiet; hy was van die koninklike familie in Edom.

15. Dit het gebeur toe Dawid in Edom was en Yo’av, die bevelvoerder van die leër, opgetrek het om die gesneuweldes te begrawe en hy al wat manlik was in Edom doodgeslaan het

16. (want Yo’av en die hele Yisra’el het ses maande lank daar gebly totdat hy al die manlike persone in Edom afgesny het)

17. dat Hadad, as ’n jong seun, na Mitzrayim gevlug het; hy en sekere Edomiete van sy vader se diensknegte saam met hom.

18. Hulle het opgestaan vanuit Midyan en in Pa’ran gekom en vanuit Pa’ran manne saam met hulle gevat en in Mitzrayim aangekom by Farao, die koning van Mitzrayim, wat vir hom ’n huis en kos gegee het en vir hom land gegee het.

19. Hadad het groot guns gevind voor Farao sodat hy vir hom sy vrou se suster, die suster van Tagp’neis, die koningin, as vrou gegee het.

20. Die suster van Tagp’neis het vir hom geboorte gegee aan sy seun G’nuvat, wat Tagp’neis in die huis van Farao groot gemaak het en G’nuvat was in die huis van Farao tussen die seuns van Farao.

21. Toe Hadad egter in Mitzrayim hoor dat Dawid by sy vaders neergelê is en dat Yo’av, die bevelvoerder van die leër, dood is, sê Hadad vir Farao: “Stuur my weg dat ek na my eie land kan gaan.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 11