Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 8:47-59 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

47. Wie ook al van God is, luister na die woorde van God; daarom luister julle nie omdat julle nie van God is nie.”

48. Die Jode antwoord en sê vir Hom: “Is ons nie reg as ons sê dat U van Shomron is en dat U ’n demoon het nie?”

49. Yeshua antwoord: “Ek het nie ’n demoon nie, maar Ek eer My Vader en julle onteer My.

50. Ek soek nie eer, lof en grootheid vir My nie, daar is Een wat soek en oordeel.

51. Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê, wie ook al My boodskap uitvoer, sal die dood tot in ewigheid nooit sien nie.”

52. Die Jode sê vir Hom: “Nou weet ons dat U ’n demoon het. Avraham en die profete is dood en U sê: ‘Wie ook al My boodskap uitvoer, sal die dood tot in ewigheid nooit sien nie.’

53. Is U groter as ons vader Avraham en as die profete wat dood is? Wat dink U van Uself?”

54. Yeshua sê vir hulle: “As Ek eer en lof aan Myself bring, is My eer en lof niks nie; dit is My Vader wat My vereer en loof, van Wie julle sê dat Hy julle God is

55. en julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle ’n leuenaar wees, maar Ek ken Hom en voer Sy boodskap uit.Heb 11:10,13

56. Avraham, julle vader, het begeer om My dag te sien en hy het dit gesien en hom verheug.”

57. Die Jode sê vir Hom: “U is nog nie vyftig jaar oud nie en het U Avraham gesien?”Eks 3:14

58. Yeshua sê vir hulle: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: voordat Avraham bestaan het, was Ek.”

59. Hulle het klippe opgetel om Hom te stenig, maar Yeshua het Homself weggesteek en tussen hulle deurgeloop by die tempel uit.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 8