Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 8:27-42 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gepraat het nie.Eks 3:14 en dat Ek niks doen vir My eie plesier nie, maar net dit wat My Vader My geleer het, dit sê Ek.

28. Yeshua het weer met hulle gepraat: “Wanneer julle die Seun van die mens opgelig het, dan sal julle weet: אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees

29. Hy wat My gestuur het, is saam met My. Die Vader het My nie alleen gelos nie omdat Ek altyd doen wat Hom tevrede stel.”

30. Terwyl Hy hierdie dinge sê, het baie in Hom vertrou.

31. Yeshua sê vir die Jode wat in Hom vertrou het: “As julle voortdurend in My boodskap bly, dan is julle ware studentevolgelinge van My

32. en julle sal die waarheid ken en daardie waarheid sal julle vrymaak.”

33. Hulle antwoord Hom: “Ons is die nageslag van Avraham en van die ou tyd af het ons niemand as slawe gedien nie; hoe kan U sê: ‘Julle sal vry wees’?”

34. Yeshua antwoord hulle: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: elkeen wat sonde doen, is ’n slaaf van die sonde

35. en die slaaf bly nie vir altyd in die huis nie, maar die seun bly vir altyd.

36. As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

37. Ek weet dat julle die nageslag van Avraham is, maar julle beplan om My dood te maak omdat julle My boodskap nie begryp nie.

38. Ek praat van wat Ek by Mý Vader gesien het; julle doen wat julle by júlle vader gesien het.”

39. Hulle antwoord en sê vir Hom: “Ons vader is Avraham.” Yeshua sê vir hulle: “As julle die kinders van Avraham was, sou julle doen wat Avraham gedoen het,

40. maar nou, let op, julle beplan om My dood te maak. Dit is Ek wat aan julle die waarheid vertel, wat Ek van God gehoor het. Dit het Avraham nie gedoen nie,

41. maar julle doen die dade van julle vader.” Hierop sê hulle vir Hom: “Ons is nie uit seksuele immoraliteit gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.”

42. Yeshua sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af uitgegaan, want Ek het ook nie uit My eie plesier gekom nie, maar Hy het My gestuur.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 8