Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 8:18-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees. Ek, wat van Myself getuig en My Vader, wat My gestuur het, het van My getuig.”

19. Hulle vra vir Hom: “Waar is U Vader?” Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Julle ken My nie en ook nie My Vader nie. As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het.”

20. Hierdie dinge het Yeshua in die skatkamer gesê terwyl Hy in die tempel geleer het en niemand het Hom gevang nie omdat Sy tyd nog nie gekom het nie.

21. Yeshua het weer met hulle gepraat: “Ek beweeg aan en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Daar waarheen Ek gaan, kan julle nie kom nie.”

22. Die Jode het gevra: “Sal Hy Homself nou doodmaak?” want Hy het gesê: “Waarheen Ek gaan, kan julle nie kom nie?”

23. Hy sê vir hulle: “Julle is van benede, Ek is van bo. Julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.Eks 3:14 nie, sal julle in jul sondes sterf.”

24. Ek het vir julle gesê dat julle in julle sondes sal sterf, want as julle nie vertrou אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees

25. Die Jode vra: “Wie is U?” Yeshua antwoord hulle: “Wie Ek vir julle van die begin af gesê het.Deut 18:18

26. Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel, maar Hy wat My gestuur het, is Waar en dít wat Ek van Hom gehoor het, dít sê Ek in die wêreld.”

27. Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gepraat het nie.Eks 3:14 en dat Ek niks doen vir My eie plesier nie, maar net dit wat My Vader My geleer het, dit sê Ek.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 8