Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 6:62-70 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

62. Julle sal daarom waarlik die Seun van die mens sien opvaar na die plek waar Hy aan die begin was.

63. Die Gees is dit wat lewend maak, dit is tot geen voordeel vir die vlees nie; die dinge waaroor Ek met julle gepraat het, is Gees en is lewe,

64. maar daar is sommige onder julle wat nie vertrou nie,” want Yeshua het van die begin af geweet wie hulle was wat nie vertrou nie en wie hy was wat Hom sou oorgee.

65. Hy sê vir hulle: “Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom, as dit nie aan hom deur My Vader gegee is nie.”

66. As gevolg van hierdie woorde het baie van Sy studentevolgelinge teruggegaan en nie meer saam met Hom geloop nie.

67. Yeshua vra vir die twaalf: “Wil julle ook weggaan?”

68. Shim’on Kefa antwoord en sê: “My Meester, na wie toe sal ons gaan? U het die boodskap van die ewige lewe

69. en ons vertrou en weet dat U Die Gesalfde Een, die Seun van die Lewende God is.”

70. Yeshua antwoord hulle: “Het Ek julle twaalf nie gekies nie? Een van julle is ’n teëstander!”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 6