Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 6:14-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Die mense wat die wonderteken, wat Yeshua gedoen het, gesien het, het gesê: “Hy is waarlik die Profeet wat in die wêreld sou kom.”

15. Yeshua het geweet dat hulle gereed was om Hom te kom gryp, om Hom koning te maak en Hy het Homself onttrek in daardie berg in, Hy alleen.

16. Toe dit aand geword het, het Sy studentevolgelinge afgegaan na die see toe

17. en nadat hulle in die boot geklim het, het hulle na die oorkant van die see gevaar na K’far-Nagum. Dit het donker geword en Yeshua het nog nie by hulle aangesluit nie.

18. Die see het onstuimig geword teen hulle omdat ’n sterk wind gewaai het.

19. Nadat hulle ongeveer vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Yeshua op die meer loop en toe Hy naby die boot kom, was hulle bang,Eks 3:14 moenie bang wees nie.”

20. maar Yeshua sê vir hulle: “ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees,

21. Hulle het Hom in die boot ontvang en dadelik het die boot by die land aangekom waarheen hulle op pad was.

22. Die volgende dag sien die mense, wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander boot was nie, behalwe daardie een waarin Sy studentevolgelinge vertrek het en dat Yeshua nie saam met Sy studentevolgelinge in die boot geklim het nie,

23. maar ander bote het van Tiberias af aangeland, naby die plek waar hulle die brood geëet het waarvoor die Meester gedank het.

24. Nadat die mense dan gesien het dat nie Yeshua of Sy studentevolgelinge daar is nie, het hulle self ook in die bote geklim en na K’far-Nagum gegaan om Yeshua te soek

25. en toe hulle Hom oorkant die see gekry het, vra hulle vir Hom: “Leermeester, wanneer het U hier aangekom?”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 6