Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 4:44-53 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

44. want Yeshua self het getuig dat ’n profeet nie in sy eie stad eer ontvang nie.

45. Toe Hy in die Galil kom, het die mense van die Galil Hom ontvang omdat hulle al die wonderwerke gesien het wat Hy in Yerushalayim op die fees gedoen het, want hulle het ook na die fees gegaan.

46. Yeshua het weer in Kanah, in die Galil, gekom, waar Hy die water wyn gemaak het en ’n sekere koning se dienskneg, wie se seun siek was, het in K’far-Nagum gebly.

47. Hy het gehoor dat Yeshua vanuit Y’hudah in die Galil aangekom het en na Hom toe gegaan en Hom gesmeek om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê.

48. Yeshua sê vir hom: “As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit vertrou nie.”

49. Die koning se dienskneg sê vir Hom: “My Meester, kom af, anders sal die kind sterf.”

50. Yeshua antwoord hom: “Gaan, jou seun lewe!” Die man het dit wat Yeshua vir hom gesê het, vertrou en hy het gegaan.

51. Terwyl hy op pad was huis toe, kom sy slaaf hom tegemoet en bring die goeie nuus en sê: “U seun leef!”

52. Hy vra van hulle die tyd waarop hy genees is en hulle sê vir hom: “Gister, die sewende uur (om eenuur die middag), het die koors hom verlaat.”

53. Die vader het geweet dat dit dieselfde tyd was waarop Yeshua vir hom gesê het: ‘Jou seun leef!’ Hy persoonlik en sy hele huis het vertrou.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 4