Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 4:28-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Die vrou het haar waterkan gelos en die stad ingegaan en vir die mense gesê:

29. “Kom kyk, ’n man wat my alles vertel wat ek gedoen het. Is Hy Die Gesalfde Een?”

30. Hulle het uit die stad uitgegaan en na Hom toe gekom.

31. Te midde van hierdie dinge het Sy studentevolgelinge by Hom aangedring en gesê: “Ons Meester, eet.”

32. Hy sê egter vir hulle: “Ek het kos om te eet wat julle nie van weet nie.”

33. Die studentevolgelinge vra vir mekaar: “Het iemand dalk vir Hom ete gebring?”

34. Yeshua sê vir hulle: “My persoonlike kos is om die wil te doen van Hóm wat My gestuur het en om Sy werk te voltooi.

35. Sê julle nie: ‘Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie?’ Let op, Ek sê vir julle, lig julle oë op en kyk na die lande, dat hulle nou reeds wit is van die oes.

36. Wie ook al oes, ontvang beloning en vergader vrug vir die ewige lewe en die een wat saai en die een wat oes sal saam bly wees,

37. want hierin is ’n woord van waarheid: ‘Die een saai en ’n ander oes.’

38. Ek het julle gestuur om dit waarvoor julle nie gewerk het nie te oes, maar ander het gewerk en julle het ingekom op hulle werk.”

39. Baie van die mense van Shomron, uit daardie stad, het in Hom vertrou as gevolg van die boodskap van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 4