Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 4:26-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Yeshua sê vir haar: ‘ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees,

27. Terwyl Hy praat kom Sy studentevolgelinge en hulle was verbaas dat Hy met ’n vrou praat. Tog het niemand gesê: ‘Wat soek jy?’ of: ‘Waarom praat U met haar?’ nie.

28. Die vrou het haar waterkan gelos en die stad ingegaan en vir die mense gesê:

29. “Kom kyk, ’n man wat my alles vertel wat ek gedoen het. Is Hy Die Gesalfde Een?”

30. Hulle het uit die stad uitgegaan en na Hom toe gekom.

31. Te midde van hierdie dinge het Sy studentevolgelinge by Hom aangedring en gesê: “Ons Meester, eet.”

32. Hy sê egter vir hulle: “Ek het kos om te eet wat julle nie van weet nie.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 4