Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 4:23-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. maar daar kom ’n tyd en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in Gees en waarheid sal aanbid, want die Vader soek dié wat Hom só aanbid.

24. God is Gees en dit is toepaslik dat hulle wat Hom aanbid, in Gees en waarheid aanbid.”

25. Die vrou sê vir Hom: “Ek weet dat Die Gesalfde Een kom en wanneer Hy kom, sal Hy ons alle dinge leer.”Eks 3:14 Ek wat met jou praat!’

26. Yeshua sê vir haar: ‘ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees,

27. Terwyl Hy praat kom Sy studentevolgelinge en hulle was verbaas dat Hy met ’n vrou praat. Tog het niemand gesê: ‘Wat soek jy?’ of: ‘Waarom praat U met haar?’ nie.

28. Die vrou het haar waterkan gelos en die stad ingegaan en vir die mense gesê:

29. “Kom kyk, ’n man wat my alles vertel wat ek gedoen het. Is Hy Die Gesalfde Een?”

30. Hulle het uit die stad uitgegaan en na Hom toe gekom.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 4