Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 4:10-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Yeshua antwoord en sê vir haar: “As jy die geskenk van God geken het en geweet het Wie Hy is wat vir jou sê: ‘Gee vir My iets om te drink,’ sou jy Hom gevra het vir wat Hy het en Hy sal vir jou Lewende Water gee.”

11. Die vrou sê vir Hom: “My Meester, U het nie eens ’n emmer nie en die put is diep, van waar het U dié Lewende Water?

12. Is U groter as ons vader Ya’akov, wat die put aan ons gegee het en self saam met sy seuns en vee daaruit gedrink het?”

13. Yeshua antwoord en sê vir haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word,Yir 2:13

14. maar elkeen wat sal drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein van water word wat sal opspring tot die ewige lewe.”

15. Die vrou sê vir Hom: “My Meester, gee vir my daardie water sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom trek nie.”

16. Yeshua sê vir haar: “Gaan roep jou man en kom hier.”

17. Die vrou antwoord en sê: “Ek het nie ’n man nie.” Yeshua sê vir haar: “Jy het korrek geantwoord: ‘Ek het nie ’n man nie,’

18. want jy het vyf mans gehad en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Jy het die waarheid gepraat.”

19. Die vrou sê vir Hom: “My Meester, ek sien dat U ’n profeet is.Deut 11:29; Y’ho 8:33

20. Ons vaders het op hierdie berg aanbid en julle sê dat die plek waar ons moet aanbid, in Yerushalayim is.”

21. Yeshua sê vir haar: “Vrou, vertrou My, daar kom ’n tyd wanneer julle die Vader nie op hierdie berg en ook nie in Yerushalayim sal aanbid nie.

22. Julle aanbid wat julle nie ken nie; Ons aanbid wat Ons ken: Hy wat Lewe is, is vanuit die Jode,Mal 1:11

23. maar daar kom ’n tyd en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in Gees en waarheid sal aanbid, want die Vader soek dié wat Hom só aanbid.

24. God is Gees en dit is toepaslik dat hulle wat Hom aanbid, in Gees en waarheid aanbid.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 4