Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 21:19-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou vereer en loof en nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir hom: “Kom, volg My.”

20. Shim’on Kefa het omgedraai en die studentevolgeling gesien volg vir wie Yeshua liefgehad het, die een wat by die maaltyd op sy bors geleun en gevra het: “Meester, wie is die een wat U sal oorgee?”

21. Toe Kefa hom sien, vra hy vir Yeshua: “My Meester, wat van hierdie een?”

22. Yeshua antwoord hom: “As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My.”

23. Hierdie boodskap het toe onder die broers uitgegaan dat daardie studentevolgeling nie sou doodgaan nie, maar Yeshua het nie vir hom gesê dat hy nie sou doodgaan nie, maar: ‘As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan?’

24. Dit is daardie studentevolgeling wat van hierdie dinge getuig en dit neergeskryf het en ons weet dat sy getuienis waar is.

25. Daar is ook nog baie ander dinge wat Yeshua gedoen het, maar as hulle almal neergeskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, nie die geskrewe boeke kon bevat nie.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 21