Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 21:17-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hy vra hom die derde maal: “Shim’on, seun van Yoganan, het jy My lief?” Kefa het hartseer geword omdat Hy hom die derde keer vra: “Het jy My lief?” Hy antwoord Hom: “Meester, U onderskei alles, U weet dat ek U liefhet.” Yeshua sê vir hom: “Wees ’n herder vir My ooie.”

18. “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: toe jy jonger was, het jy jouself aangetrek en gegaan waar jy wou, maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek en ’n ander een sal jou aantrek en vat waarheen jy nie wil nie.”

19. Dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou vereer en loof en nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir hom: “Kom, volg My.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 21