Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 21:12-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Yeshua sê vir hulle: “Kom eet!” Niemand van die studentevolgelinge het gewaag om Hom te vra: “Wie is U?” nie omdat hulle geweet het dat Hy ons Meester was.

13. Yeshua het gekom en die brood en die vis gevat en dit vir hulle gegee.

14. Dit was die derde keer dat Yeshua aan Sy studentevolgelinge verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dood.

15. Nadat hulle geëet het, vra Yeshua vir Shim’on Kefa: “Shim’on, seun van Yoganan, het jy My lief, meer as hulle hier?” Hy antwoord Hom: “Ja, my Meester, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Wees ’n herder vir My lammers.”

16. Hy vra hom weer die tweede keer: “Shim’on, seun van Yoganan, het jy My lief?” Hy antwoord Hom: “Ja, my Meester, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Wees ’n herder vir My skape.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 21