Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 21:11-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Shim’on Kefa het in die skuit geklim en die net op die land getrek, honderd drie en vyftig groot visse en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.

12. Yeshua sê vir hulle: “Kom eet!” Niemand van die studentevolgelinge het gewaag om Hom te vra: “Wie is U?” nie omdat hulle geweet het dat Hy ons Meester was.

13. Yeshua het gekom en die brood en die vis gevat en dit vir hulle gegee.

14. Dit was die derde keer dat Yeshua aan Sy studentevolgelinge verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dood.

15. Nadat hulle geëet het, vra Yeshua vir Shim’on Kefa: “Shim’on, seun van Yoganan, het jy My lief, meer as hulle hier?” Hy antwoord Hom: “Ja, my Meester, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Wees ’n herder vir My lammers.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 21