Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 20:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Op die eerste dag van die week kom Miryam van Migdala baie vroeg in die oggend terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf verwyder is.

2. Sy hardloop en kom by Shim’on Kefa en by díe ander studentevolgeling vir wie Yeshua lief was en sê vir hulle: “Hulle het ons Meester uit die graf uit weggevat en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.”

3. Kefa en die ander studentevolgeling het uitgegaan en by die graf gekom.

4. Die twee het saam gehardloop, maar die ander studentevolgeling het voor Shim’on gehardloop en eerste by die graf gekom

5. en hy het gekyk en die linne doeke sien lê, maar hy het nie ingegaan nie.

6. Shim’on Kefa het ná hom aangekom en in die graf ingegaan en die linne doeke gesien waar dit lê

Lees volledige hoofstuk Yoganan 20