Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 2:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Op die Derdedag was daar ’n bruilofsfees in Kanah, ’n stad in die Galil en die moeder van Yeshua was daar.

2. Yeshua self en Sy studentevolgelinge is ook na die bruilofsfees genooi.

3. Die wyn was te min en Yeshua se moeder sê vir Hom: “Hulle het nie wyn nie.”

4. Yeshua sê vir haar: “Wat het ons in gemeen, vrou? My tyd het nog nie gekom nie.”

5. Sy moeder sê vir die diensknegte: “Wat Hy ook al vir julle sê, dit moet julle doen.”

6. Daar was ses klip waterkanne vir die Joodse seremoniële reinigings, wat elkeen ’n honderd tot ’n honderd en vyftig liter hou.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 2