Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 19:18-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. waar hulle Hom doodgemaak het aan ’n kruis en saam met Hom twee ander; een aan elke kant en Yeshua in die middel.

19. Pilatos het ook ’n opskrif geskryf en dit op die paal gesit. Daar is geskryf: YESHUA, VAN NATZERET, DIE KONING VAN DIE JODE.

20. Baie van die Jode het hierdie opskrif gelees omdat die plek waar Yeshua aan die kruis gehang het, naby die stad was. Dit is in Hebreeus, Grieks en Latyns geskryf

21. en die leierpriesters van die Jode het vir Pilatos gesê: “Moenie skryf: ‘Die Koning van die Jode’ nie, maar, ‘dat Hy gesê het: Ek is die Koning van die Jode’.”

22. Pilatos het geantwoord: “Wat ek geskryf het, het ek geskryf.”

23. Nadat die soldate Yeshua gekruisig het, vat hulle Sy klere en deel dit in vier; vir elke soldaat ’n deel, maar die onderkleed was oor. Die onderkleed was sonder ’n naat, van bo af in een stuk geweef.Ps 22:19 Hierdie dinge het die soldate gedoen.

24. Hieroor het hulle vir mekaar gesê: “Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s’n dit sal wees” sodat die Skrif vervul sou word wat sê: “Hulle het My klere onder mekaar verdeel en oor My gewaad het hulle die lot gewerp.”

25. Naby Yeshua se kruis het Sy moeder, Sy moeder se suster, Miryam - die vrou van K’lofah en Miryam van Migdala gestaan.

26. Yeshua het Sy moeder en die studentevolgeling wat Hy liefgehad het, by haar sien staan en Hy sê vir sy moeder: “Vrou, let op, hy is U seun!”

27. Daarop sê Hy vir die studentevolgeling: “Let op, sy is jou moeder!” Van daardie oomblik af het die studentevolgeling haar by homself ontvang (ingeneem).

28. Hierna, omdat Hy geweet het dat alles reeds tot sy doel gebring is sodat die Skrif vervul sou word, het Yeshua gesê: “Ek is dors!”

29. Daar het ’n houer vol suurwyn gestaan en hulle het ’n spons vol suurwyn gemaak en hisop omgebind en na Sy mond toe gebring.

30. Toe Yeshua die suurwyn ontvang het, sê Hy: “Dit is afgehandel!” Hy het Sy kop afgebuig en Sy Gees oorgegee.Deut 21:22-23 het die Jode Pilatos gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggevat moes word.

31. Sodat die liggame nie op die Shabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereidingsdag was, want die komende dag was ’n spesiale Shabbat,

32. Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander een wat saam met Hom aan die kruis doodgemaak is,

Lees volledige hoofstuk Yoganan 19