Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 16:28-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Ek het vanuit eenheid met die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom en Ek verlaat weer die wêreld en gaan om by die Vader te wees.”

29. Sy studentevolgelinge sê vir Hom: “Let op, nou praat U reguit en gebruik geen vergelykende stories nie.

30. Nou weet ons dat U alles weet en U nie nodig het dat iemand hulle vrae in woorde omsit nie. Dit is daarom dat ons vertrou dat U vanaf God uitgegaan het.”

31. Yeshua antwoord hulle: “Vertrou julle?Deut 4:31; Deut 31:6; Heb 13:5

32. Let op, die tyd kom en het nou reeds gekom dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen na sy plek toe en My alleen sal los. Ek sal nie alleen wees nie omdat die Vader by My is.

33. Hierdie dinge het Ek vir julle gesê sodat julle ín My vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid kan hê. In die wêreld sal julle lyding hê, maar wees versterk, Ek het die wêreld oorwin.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 16