Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 16:16-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. ’n Kort rukkie en julle sal My nie sien nie en weer ’n kort rukkie en julle sal My sien omdat Ek na die Vader toe gaan.”

17. Sy studentevolgelinge het onder mekaar gevra: “Wat is dit wat Hy vir ons sê: ‘’n Kort rukkie en julle sal My nie sien nie en weer ’n kort rukkie en julle sal My sien omdat Ek na My Vader toe gaan?’”

18. Hulle het ook gevra: “Wat is dit wat Hy sê: ’n Kort rukkie? Ons verstaan nie wat Hy sê nie.”

19. Yeshua het geweet dat hulle Hom wou vra en Hy sê vir hulle: “Vra julle vir mekaar daaroor dat Ek gesê het: ‘’n Kort rukkie en julle sal My nie sien nie en weer ’n kort rukkie en julle sal My sien?’

20. Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: julle sal huil en treur, maar die wêreld sal bly wees; julle sal bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander.

21. ’n Vrou het droefheid in haar wanneer sy geboorte gee omdat haar tyd gekom het, maar wanneer die seun gebore is, onthou sy nie meer haar droefheid nie, as gevolg van die blydskap dat ’n seun in die wêreld gebore is.

22. Julle het ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle verstand, wil en emosie sal bly word en niemand sal julle blydskap van julle af wegvat nie.

23. In daardie dag sal julle My niks vra nie. Dit is ’n ewige waarheid wat Ek vir julle sê: alles wat julle My Vader sal vra in My Outoriteit en Karakter, sal Hy vir julle gee.

24. Tot nou toe het julle niks in My Outoriteit en Karakter gevra nie. Vra en julle sal ontvang sodat julle blydskap volkome kan wees.

25. Hierdie dinge het Ek deur vergelykende stories vir julle gesê, maar daar kom ’n tyd wanneer Ek nie meer deur vergelykende stories met julle sal praat nie, maar julle openlik van die Vader sal vertel.

26. In daardie dag sal julle in My Outoriteit en Karakter vra en Ek sê nie vir julle dat Ek die Vader namens julle sal vra nie,

Lees volledige hoofstuk Yoganan 16