Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 15:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die ware Wingerdstok en My Vader is die Wingerdboer.

2. Elke loot wat in My nie vrugte dra nie, sny Hy weg en elke loot wat vrugte dra, dié snoei Hy sodat dit meer vrugte kan dra.

3. Julle is nou reeds rein deur die boodskap wat Ek vir julle gebring het.

4. Bly voortdurend in My, soos Ek in julle. Net soos die tak geen vrugte kan dra uit homself, as dit nie in die wingerdstok bly nie, net so julle ook, as julle nie voortdurend in My bly nie.

5. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Wingerdstok, julle is die takke. Wie voortdurend in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

6. As ’n sekere persoon nie voortdurend in My bly nie, word hy buite weggegooi soos ’n tak en verdroog en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur om te verbrand.

7. As julle voortdurend in My bly en wat Ek gesê het in julle, sal julle vra net wat julle wil en dit sal vir julle gedoen word.

8. Hierin is My Vader vereer en geloof deurdat julle baie vrugte dra en so sal julle My studentevolgelinge wees.

9. Net soos die Vader My voortdurend liefhet, het Ek julle ook net so voortdurend lief. Hou aan in My vriendskap.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 15