Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 14:6-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Yeshua antwoord hom: “ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Pad, die Waarheid en die Lewe; niemand gaan na My Vader toe nie, behalwe deur My.

7. As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het. Van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.”

8. Filippos sê vir Hom: “Ons Meester, wys ons die Vader en dit sal vir ons genoeg wees.”Num 12:8; Heb 1:3

9. Yeshua sê vir hom: “Ek is hierdie hele tyd by julle en het jy My nie geken nie, Filippos? Wie My ook al gesien het, het die Vader gesien en hoe sê jy: ‘Wys ons die Vader?’

10. Vertrou jy nie dat Ek in My Vader is en My Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, sê Ek nie uit Myself nie, maar die Vader wat in My bly, Hy doen die dade.

11. Vertrou My dat Ek in die Vader is en die Vader in My of anders, vertrou My ter wille van die dade self.

12. Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: wie in My vertrou, die dade wat Ek gedoen het, sal hy ook doen en hy sal groter dade doen as dit omdat Ek na My Vader toe sal gaan.

13. Enige iets wat julle ook al in My Outoriteit en Karakter mag vra, dit sal Ek doen sodat die Vader in die Seun vereer en geloof kan word.

14. As julle iets in My Outoriteit en Karakter vra, sal Ek dit doen.Deut 7:9; Yog 15:14; Open 14:12; Open 22:14

15. As julle My liefhet, voer voortdurend My opdragte uit.

16. Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Bevryder en Lewegewer gee om by julle te bly tot in ewigheid.Gen 41:38; Num 11:17-29; Rig 6:34

17. Hy is die Gees van die Waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie omdat dit Hom nie gesien het of Hom geken het nie, maar julle ken Hom omdat Hy by julle bly en in julle is.

18. Ek sal julle nie as weeskinders los nie, want Ek sal na julle toe kom na ’n kort rukkie.

19. Die wêreld sal My nie sien nie, maar julle sal My sien. Aangesien Ek lewe, sal julle ook lewe.

20. In dié dag sal julle weet dat Ek in My Vader is en julle in My en Ek in julle.

21. Wie ook al My opdragte het en hulle uitvoer, dit is hy wat My liefhet en wie My liefhet, hóm sal My Vader liefhê en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.”

22. Y’hudah, nie die een van K’riot nie, vra vir Hom: “My Meester, hoe is dit dat U Uself aan ons sal openbaar en nie aan die wêreld nie?”

23. Yeshua antwoord en sê vir hom: “As iemand My liefhet, sal hy My boodskap gehoorsaam en My Vader sal hom liefhê en Ons sal na hom toe kom en by hom blyplek maak.Deut 18:18

24. Hy wat My nie liefhet nie, gehoorsaam nie My boodskappe nie en hierdie boodskap wat julle hoor, is nie Myne nie, maar is van die Vader af wat My gestuur het.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 14