Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 14:24-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Hy wat My nie liefhet nie, gehoorsaam nie My boodskappe nie en hierdie boodskap wat julle hoor, is nie Myne nie, maar is van die Vader af wat My gestuur het.

25. Hierdie dinge het Ek vir julle gesê terwyl Ek by julle is,

26. maar die Bevryder en Lewegewer, die Gees van Afsondering, wat My Vader in My Outoriteit en Karakter sal stuur, sal julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

27. Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid los Ek vir julle. My vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid gee Ek aan julle. Ek gee nie aan julle soos die wêreld gee nie. Laat julle verstand, wil en emosie nie ontsteld word en bang wees nie.

28. Julle het gehoor dat Ek vir julle gesê het: ‘Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe.’ As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: ‘Ek gaan na My Vader toe’ omdat My Vader groter is as Ek.

29. Nou, let op, Ek het dit vir julle gesê voordat dit gebeur sodat julle kan vertrou wanneer dit gebeur het.

30. Ek sal nie meer baie met julle praat nie, want die prins van hierdie wêreld kom en hy het niks wat hy teen My kan bewys nie,

31. maar die wêreld moet leer dat Ek My Vader liefhet en presies doen soos die Vader My beveel het; staan op sodat ons hiervandaan kan weggaan.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 14