Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 14:20-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. In dié dag sal julle weet dat Ek in My Vader is en julle in My en Ek in julle.

21. Wie ook al My opdragte het en hulle uitvoer, dit is hy wat My liefhet en wie My liefhet, hóm sal My Vader liefhê en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.”

22. Y’hudah, nie die een van K’riot nie, vra vir Hom: “My Meester, hoe is dit dat U Uself aan ons sal openbaar en nie aan die wêreld nie?”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 14