Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 14:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Vertrou My dat Ek in die Vader is en die Vader in My of anders, vertrou My ter wille van die dade self.

12. Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: wie in My vertrou, die dade wat Ek gedoen het, sal hy ook doen en hy sal groter dade doen as dit omdat Ek na My Vader toe sal gaan.

13. Enige iets wat julle ook al in My Outoriteit en Karakter mag vra, dit sal Ek doen sodat die Vader in die Seun vereer en geloof kan word.

14. As julle iets in My Outoriteit en Karakter vra, sal Ek dit doen.Deut 7:9; Yog 15:14; Open 14:12; Open 22:14

15. As julle My liefhet, voer voortdurend My opdragte uit.

16. Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Bevryder en Lewegewer gee om by julle te bly tot in ewigheid.Gen 41:38; Num 11:17-29; Rig 6:34

17. Hy is die Gees van die Waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie omdat dit Hom nie gesien het of Hom geken het nie, maar julle ken Hom omdat Hy by julle bly en in julle is.

18. Ek sal julle nie as weeskinders los nie, want Ek sal na julle toe kom na ’n kort rukkie.

19. Die wêreld sal My nie sien nie, maar julle sal My sien. Aangesien Ek lewe, sal julle ook lewe.

20. In dié dag sal julle weet dat Ek in My Vader is en julle in My en Ek in julle.

21. Wie ook al My opdragte het en hulle uitvoer, dit is hy wat My liefhet en wie My liefhet, hóm sal My Vader liefhê en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 14