Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 14:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Laat julle verstand, wil en emosie nie ontsteld wees nie; vertrou in God en vertrou in My.

2. In die huis van My Vader is daar baie blyplekke en as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek voor te berei

3. en as Ek gegaan en vir julle plek voorberei het, kom Ek weer en sal julle saam met My vat sodat julle ook kan wees waar Ek is.

4. Waarheen Ek gaan, weet julle en die pad ken julle.”

5. T’oma sê vir Hom: “Ons Meester, ons weet nie waarheen U gaan nie en hoe kan ons die pad ken?”

6. Yeshua antwoord hom: “ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Pad, die Waarheid en die Lewe; niemand gaan na My Vader toe nie, behalwe deur My.

7. As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het. Van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.”

8. Filippos sê vir Hom: “Ons Meester, wys ons die Vader en dit sal vir ons genoeg wees.”Num 12:8; Heb 1:3

9. Yeshua sê vir hom: “Ek is hierdie hele tyd by julle en het jy My nie geken nie, Filippos? Wie My ook al gesien het, het die Vader gesien en hoe sê jy: ‘Wys ons die Vader?’

10. Vertrou jy nie dat Ek in My Vader is en My Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, sê Ek nie uit Myself nie, maar die Vader wat in My bly, Hy doen die dade.

11. Vertrou My dat Ek in die Vader is en die Vader in My of anders, vertrou My ter wille van die dade self.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 14