Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 13:29-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. want die manne het gedink omdat Y’hudah die beurs gehou het dat Yeshua vir hom sê: ‘Koop wat ons nodig het vir die fees;’ of dat hy iets aan die armes moes gee.

30. Y’hudah het net nadat hy die stukkie brood geneem het, dadelik uitgegaan en dit was nag toe hy uitgegaan het.

31. Toe hy uit was, sê Yeshua: “Nou is die Seun van die mens vereer en geprys en God is in Hom vereer en geprys.

32. As God in Hom vereer en geprys is, sal God Hom ook in Homself vereer en prys en Hom onmiddellik vereer en prys.

33. My kinders, nog ’n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek en soos Ek vir die Jode gesê het: ‘Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie;’ so sê Ek nou ook vir julle.Lev 19:18 net soos Ek julle liefgehad het, so moet julle ook mekaar liefhê.

34. ’n Nuwe opdrag gee Ek vir julle: dat julle mekaar moet liefhê;

35. Hieraan sal almal weet dat julle My studentevolgelinge is, as julle liefde vir mekaar het.”

36. Shim’on Kefa vra vir Hom: “Ons Meester, waar gaan U heen?” Yeshua antwoord en sê vir hom: “Waar Ek heengaan, kan jy nie nou saam met My gaan nie, maar later sal jy saam met My gaan.”

37. Shim’on Kefa sê vir Hom: “My Meester, waarom kan ek nie nou saam met U gaan nie? Ek sal my lewe vir U neerlê.”

38. Yeshua antwoord hom: “Sal jy jou lewe vir My neerlê? Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: ’n haan sal nie kraai voordat jy drie maal ontken het dat jy My ken nie.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 13