Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 13:21-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Nadat Yeshua dit gesê het, het Hy in Sy Gees kragtig ontsteld geword en getuig en gesê: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: een van julle sal My uitlewer.”

22. Hierop het die studentevolgelinge na mekaar gekyk omdat hulle nie geweet het van wie Hy dit gesê het nie.

23. Een van Sy studentevolgelinge, hy vir wie Yeshua liefgehad het, het aan die tafel teen die bors van Yeshua aangelê.

24. Shim’on Kefa beduie vir hom dat hy moet uitvind wie dit is van wie Hy praat

25. en hy het teen die bors van Yeshua geval en vir Hom gesê: “My Meester, wie is dit?”

26. Yeshua antwoord en sê: “Dit is die een aan wie Ek die stukkie brood sal gee as Ek dit ingedoop het.” Hy doop die stukkie brood in en gee dit aan Y’hudah, die seun van Shim’on, van K’riot.

27. Na die brood het die teëstander in hom ingegaan en Yeshua sê vir hom: “Wat jy doen, doen dit gou.”

28. Niemand, van die wat aan tafel was, het verstaan waarom Hy dit vir hom gesê het nie,

29. want die manne het gedink omdat Y’hudah die beurs gehou het dat Yeshua vir hom sê: ‘Koop wat ons nodig het vir die fees;’ of dat hy iets aan die armes moes gee.

30. Y’hudah het net nadat hy die stukkie brood geneem het, dadelik uitgegaan en dit was nag toe hy uitgegaan het.

31. Toe hy uit was, sê Yeshua: “Nou is die Seun van die mens vereer en geprys en God is in Hom vereer en geprys.

32. As God in Hom vereer en geprys is, sal God Hom ook in Homself vereer en prys en Hom onmiddellik vereer en prys.

33. My kinders, nog ’n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek en soos Ek vir die Jode gesê het: ‘Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie;’ so sê Ek nou ook vir julle.Lev 19:18 net soos Ek julle liefgehad het, so moet julle ook mekaar liefhê.

34. ’n Nuwe opdrag gee Ek vir julle: dat julle mekaar moet liefhê;

35. Hieraan sal almal weet dat julle My studentevolgelinge is, as julle liefde vir mekaar het.”

36. Shim’on Kefa vra vir Hom: “Ons Meester, waar gaan U heen?” Yeshua antwoord en sê vir hom: “Waar Ek heengaan, kan jy nie nou saam met My gaan nie, maar later sal jy saam met My gaan.”

37. Shim’on Kefa sê vir Hom: “My Meester, waarom kan ek nie nou saam met U gaan nie? Ek sal my lewe vir U neerlê.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 13