Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 12:9-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Baie mense uit Y’hudah het gehoor dat Hy daar is en het gekom, nie alleen om vir Yeshua te sien nie, maar ook vir El’azar, wat Hy uit die dood uit opgewek het.

10. Die leierpriesters het besluit om El’azar ook dood te maak

11. omdat baie van die Jode as gevolg van hom meer en meer in Yeshua vertrou het.

12. Die volgende dag het baie feesgangers, toe hulle hoor dat Yeshua na Yerushalayim kom,Ps 118:25 “Red ons nou! Geseënd is Hy wat kom in die Outoriteit en Karakter (Naam) van יהוה, die Koning van Yisra’el.”Ps 118:26

13. palmtakke gevat en uitgegaan om Hom te ontmoet en uitgeroep:

14. Yeshua het ’n donkie gekry en daarop gaan sit, soos geskrywe is:Z’kh 9:9

15. “Moenie bang wees nie, dogter van Tziyon! Let op, jou Koning kom na jou toe en Hy ry op die vul van ’n donkie.”

16. Sy studentevolgelinge het hierdie dinge eers nie verstaan nie, maar nadat Yeshua vereer is, het hulle onthou dat hierdie dinge van Hom geskrywe is en dat hulle dit aan Hom sou doen.

17. Toe het die mense, wat by Hom was toe Hy El’azar uit die graf geroep en hom uit die dood uit opgewek het, daarvan getuig.

18. Die rede hoekom die groot skare mense voor Hom uitgegaan het, is omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie wonderteken gedoen het.

19. Die Fariseërs het vir mekaar gesê: “Sien julle dat julle geen vordering maak nie? Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.”

20. Daar was ook nie-Jode onder díe wat opgekom het om op die fees te aanbid.

21. Hulle het na Filippos gegaan wat van Beit-Tzaidah, in die Galil, was en hom gevra en gesê: “Meneer, ons wil graag vir Yeshua sien.”

22. Filippos kom en sê dit vir Andreas en Andreas en Filippos vertel dit weer vir Yeshua.

23. Yeshua antwoord hulle en sê: “Die tyd het gekom dat die Seun van die mens vereer en geloof moet word.1 Kor 15:36-44

24. Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: as die graankorrel nie in die grond val en doodgaan nie, bly dit alleen, maar as dit doodgaan, dra dit baie vrug.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 12