Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 12:32-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Wanneer Ek van die grond af opgelig word, sal Ek almal na My toe trek.”

33. Dit het Hy gesê om aan te dui watter dood Hy sal sterf.

34. Die skare mense antwoord Hom: “Ons het uit die wet gehoor dat Die Gesalfde Een tot in ewigheid bly en hoe sê U dat die Seun van die mens opgelig moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?”

35. Yeshua sê vir hulle: “Die Lig sal nog net vir ’n klein rukkie by julle wees. Loop terwyl julle nog die Lig het sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis loop, weet nie waarheen hy gaan nie.

36. So lank as julle die Lig by julle het, vertrou in die Lig sodat julle kinders van die Lig kan wees.” Hierdie dinge het Yeshua gesê, weggegaan en Homself vir hulle weggesteek.

37. Terwyl Hy al hierdie wondertekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom vertrou nieYes 53:1; Rom 10:16

38. sodat die boodskap van die profeet Yesha’yahu vervul sou word wat gesê het: “My Meester, wie het ons verkondiging vertrou en aan wie is die arm van יהוה geopenbaar?”

39. Hulle kon daarom ook nie vertrou nie, want Yesha’yahu het óók gesê:Deut 29:3,4; Yes 6:9,10; Yes 29:10; Mat 13:14,15; Yog 12:40; Rom 11:8

40. “Hy het hulle oë blind gemaak en hulle verstand, wil en emosie verhard sodat hulle nie met die oë sou sien en met die verstand verstaan en hulle omdraai en Ek hulle gesond maak nie.”Yes 6:1-3

41. Dit het Yesha’yahu gesê toe hy Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gesien en van Hom gepraat het.

42. Baie van die leiers het ook in Hom vertrou, maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bekendgemaak nie sodat hulle nie uit die bymekaarkompleke geban sou word nie,

43. want hulle het die lofprysing van mense meer liefgehad as die lofprysing van God.

44. Yeshua het uitgeroep en gesê: “Wie in My vertrou, vertrou nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het

45. en wie My sien, sien Hom wat My gestuur het.

46. Ek, die Lig, het in die wêreld gekom sodat elkeen wat in My vertrou, nie in die duisternis sou bly nie.

47. Wie ook al My boodskap hoor en dit nie doen nie, Ek veroordeel hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat Ek lewe aan die wêreld kan gee.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 12