Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 12:25-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Wie sy lewe liefhet, sal dit vernietig, maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.

26. As iemand My dien, laat hom My volg en waar Ek is, daar sal hy wat My dien, ook wees en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

27. Let op, My Gees is nou ontsteld en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie tyd? Dit is egter juis as gevolg hiervan dat Ek in hierdie tyd gekom het.

28. Vader, bring eer en lof aan U Naam (Karakter en Outoriteit)!” Daar is toe ’n Stem uit die hemel gehoor: “Ek hét dit vereer en geloof en Ek vereer en loof dit.”

29. Die mense wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar ’n donderslag was. Ander het gesê: “’n Boodskapperengel het met Hom gepraat.”

30. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Hierdie Stem het nie gekom vir My nie, maar om julle ontwil.

31. Nóu is dit die oordeel oor hierdie wêreld, nóu sal die heerser van hierdie wêreld uitgegooi word.

32. Wanneer Ek van die grond af opgelig word, sal Ek almal na My toe trek.”

33. Dit het Hy gesê om aan te dui watter dood Hy sal sterf.

34. Die skare mense antwoord Hom: “Ons het uit die wet gehoor dat Die Gesalfde Een tot in ewigheid bly en hoe sê U dat die Seun van die mens opgelig moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?”

35. Yeshua sê vir hulle: “Die Lig sal nog net vir ’n klein rukkie by julle wees. Loop terwyl julle nog die Lig het sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis loop, weet nie waarheen hy gaan nie.

36. So lank as julle die Lig by julle het, vertrou in die Lig sodat julle kinders van die Lig kan wees.” Hierdie dinge het Yeshua gesê, weggegaan en Homself vir hulle weggesteek.

37. Terwyl Hy al hierdie wondertekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom vertrou nieYes 53:1; Rom 10:16

Lees volledige hoofstuk Yoganan 12