Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 12:20-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Daar was ook nie-Jode onder díe wat opgekom het om op die fees te aanbid.

21. Hulle het na Filippos gegaan wat van Beit-Tzaidah, in die Galil, was en hom gevra en gesê: “Meneer, ons wil graag vir Yeshua sien.”

22. Filippos kom en sê dit vir Andreas en Andreas en Filippos vertel dit weer vir Yeshua.

23. Yeshua antwoord hulle en sê: “Die tyd het gekom dat die Seun van die mens vereer en geloof moet word.1 Kor 15:36-44

24. Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: as die graankorrel nie in die grond val en doodgaan nie, bly dit alleen, maar as dit doodgaan, dra dit baie vrug.

25. Wie sy lewe liefhet, sal dit vernietig, maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.

26. As iemand My dien, laat hom My volg en waar Ek is, daar sal hy wat My dien, ook wees en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

27. Let op, My Gees is nou ontsteld en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie tyd? Dit is egter juis as gevolg hiervan dat Ek in hierdie tyd gekom het.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 12